Eienaarskap van GLA

Eienaarskap van Global Leadership Academy

Global Challenge ExpeditionsGlobal Challenge Expeditions is ‘n organisasie wat jongmense tussen die ouderdomme van 20 en 35 op verskillende reise rondom die wêreld begelei.  Leierskap, dissipelskap, dienskarakter, avontuur, risiko’s, alternatiewe denke, ens. is enkele elemente van die program.  Leiers word uitgedaag om met nuwe impak binne hulle sfeer van invloed terug te keer.  Hulle word aangemoedig om kreatief en nuut te dink!

Verskeie inisiatiewe is reeds hieruit gebore:  Heartcore neem bv. gestremde mense op reis; Explore Afrika fokus op leierskap in Afrika; Northbound en Southbound is twee jaarreise waarby ongeveer 40 jongmense betrokke is.  Jaarliks vertrek ongeveer 100 mense op korttermyn diensuitreike, ens.
Met `n rugsak om die wêreld
Die afgelope jare het ‘n klomp jong en dinamiese onderwysers hierdie reise aangepak.  Hulle voel onderwys is aan hulle as gawe en roeping gegee.  Uit gesprekke en drome het die gedagtes van ‘n skool op Jeffreysbaai (waar GCEX gebasseer is) begin vorm aanneem.  ‘n Skool met dieselfde elemente en waardes as dié van Global Challenge Expeditions!

Die Global Leadership Academy is daarom deel van die GCEX-groep.  Dit impliseer dat ‘n bepaalde geloofselement integraal deel van die skool is ..... die vertroue dat dit ‘n inisiatief is wat eer aan Jesus Christus sal bring!  

Verder wil ons graag die gemeenskap van Jeffreysbaai dien!

Besoek gerus ons webtuiste:  www.gcex.org

GLOBAL CHALLENGE EXPEDITIONS VIDEO:

http://www.youtube.com/watch?v=kFl19Eyhu5k

Project of

Global Challenge

NPO - 066 - 651

Approved Cause

Nation Builder

Visitors Online

We have 40 guests and no members online