Wat maak ons uniek?

Doen Nou Aansoek

For English, CLICK HEREGLA 2013

  • Privaatskool-onderrig teen staatskool kostes
  • 20-25 Studente in `n klas verseker individuele aandag en effektiewe onderrig.
  • Jong, dinamiese en goed gekwalifiseerde personeel.
  • Intensionele dissipelskap en leierskapsontwikkelingsprogram.
  • 100% matriekslaagsyfer en 'n Top 20 akademiese skool in die Oos-Kaap
  • Moedertaal onderrig

Wat bied GLA u kind?

  • Nasionale Kurrikulum en ‘n parallel-medium taalbeleid.
  • Graad 8 tot 12
  • Skoolgelde vir 2016 is slegs R1190.00 per kind/per maand vir 12 maande.
  • Die volgende sportaktiwiteite word aangebied:
  • Atletiek, Landloop, Krieket, Rugby, Netbal, Tennis, Tafeltennis, Skaak, Muurbal, en Swem

`n Maksimum van 25 leerders word per klas aanvaar, en daarom moet u gou spring om aansoek te doen! Die eerste keuring vir 2016 aansoeke sluit 31 Mei 2015. Aansoekvorm

Ons Geskiedenis

Global Leadership Academy (GLA) is geopen op 13 Januarie 2010 en is tans die enigste hoërskool in Jeffreysbaai!
Die skool is gestig deur Global Challenge Expeditions met die bestaansrede om môre se leiers vandag op te lei.

Ons Visie

Global Leadership Academy wil waag om `n innoverende leeromgewing in plek te stel, met sleutel kernwaardes, waar jongmense kan groei tot leiers wat `n impak sal maak en hul wêreld sal dien.

Ons Missie

GLA wil hierdie leiers laat groei deur:

  • Hulle te ontwikkel op ’n fisiese, emosionele, sosiale en geestelike vlak
  • Onderrig te gee in ’n omgewing met die hoogste akademiese standaarde
  • ’n Tradisie van ’n verbintenis aan volhoubare uitmuntendheid te stig
  • Blootstelling aan ervaringe van ‘n internasionale aard


Global Challenge Expeditions (GCEX)

Is ‘n Christelike Nie-Winsgewende Organisasie wat streef daarna om diensbare leiers op te lei en projekte aan te pak wat ‘n verskil sal maak aan die plaaslike en internasionale gemeenskap.
Deur ‘n skool te begin is daar ‘n onmiddellike impak op die plaaslike gemeenskap met die belofte dat dit later ‘n internasionale rimpeling sal veroorsaak.

Besoek www.gcex.org vir meer inligting oor ander projekte van Global Challenge Expeditions.

Adres en kontakbesonderhede:
Die skool is in die Equinox Mall, St Francis Straat, Jeffreysbaai geleë.

Tel: 042 293 3053
Faks: 042 293 2964
Posbus: 1064, Jeffreysbay, 6330
Webtuiste: www.gla-jbay.org

Skoolhoof: Marietjie McFarlane
Adjunkhoofde: Donovan Young en Stefan Kleyn
Direkteur: Anne-Marie Franken

Project of

Global Challenge

NPO - 066 - 651

Approved Cause

Nation Builder

Visitors Online

We have 35 guests and no members online