Studente help bou aan skool

on Monday, 16 February 2015. Posted in Construction

Leerders kry `n kans om saam met Global Challenge studente te bou aan hulle eie skool.

Leerders van Global Leadership Academy en studente wat deelneem aan die Global Challenge Sendingreis, het kragte saamgespan en verf- en skoonmaakwerk gedoen op die nuwe GLA Eko Kampus wat tans in aanbou is.

Die eerste 6 klaskamers se dakke is reeds op en bouwerk vorder goed.
Students at work
Global Challenge is `n geregistreerde nie-Winsgewende Organisasie wat sedert 2006 jongmense op `n jaarlange sendingreis om die wêreld neem. Deelnemers kry so die kans om verandering te bring in die lewens van mense in van die armste lande ter wêreld. Die meeste van die Global Challenge deelnemers is gekwalifiseerde en professionele jongmense wat geroep voel om `n nalatenskap te laat wat verder strek as hulle eie lewens. Dit is vanuit hierdie roepingsgedrewe agtergrond wat die Global Leadership Academy hoërskool in 2010 begin is.

Alhoewel die konstruksie van die GLA Eko Kampus goed vorder, bly dit steeds `n geloofstaak en `n gesamentlike poging, nie net van ouers en leerders nie, maar ook van die groter Kougagemeenskap. Global Leadership Academy staan vir bekostigbare privaatskool-onderrig wat leerders van alle agtergronde insluit en GLA het reeds gewys dat hulle `n skool is wat nog diep spore gaan trap in die Kouga-area.

Vir meer inligting ivm die bouprojek, en om te hoor hoe u betrokke kan raak, kontak gerus vir Stefan, by 042 293 3053

Project of

Global Challenge

NPO - 066 - 651

Approved Cause

Nation Builder

Visitors Online

We have 36 guests and no members online