Ons Visie

‘n Wêreld waar outentieke Christen leiers hulle samelewing beïnvloed.

Global Leadership Academy waag om ‘n innoverende leeromgewing te vestig, met ferm kernwaardes, waar jongmense kan ontwikkel tot leiers wat op hulle beurt die wêreld gaan beïnvloed en dien.

Ons Missie

Om in ons visie te slaag:

  • Ons help leerders om hulle God-gegewe potensiaal te ontdek en ons bemoedig hulle om te reageer op God se roeping oor hulle lewens.
  • Ons modelleer outentieke leierskap teenoor leerders deur middel van plaaslike en internasionale uitreike.
  • Ons definiëer kwaliteit onderrig as onderrig wat leerders inspireer om ‘n impak in hulle samelewing te maak.
  • Ons dien die Departement van Onderwys deur goeie praktyke te modelleer.
Ons HOEKOM Verklaring

"Ons is passievol en gedetermineerd om te sien dat elke leerder by GLA hulle God-gegewe potensiaal ontdek en besef."

Die Skoolhoof
Ons Etos

Waarde gedrewe:

  • Ons leef en modelleer ‘n God-soekende leefstyle.
  • Ons glo in ‘n oorgegewe, vreugdevolle, plat-op-die-aarde, leerbare en avontuurlustige generasie wat ware diensleiers van hierdie era sal word.
  • Die Woord van God, geloof, gebed en die Heilige Gees is sentraal tot ons lewens.
  • Ons herstel karakter-ontwikkeling, integriteit en die vrees van God in hierdie generasie.
  • Ons versprei die Goeie Nuus aan ‘n wêreld in nood.

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.