Beste in provinsie!

Adette-Bos---IT-onderwysereGlobal leadership Academy is baie trots op hulle IT onderwyseres Adette Bos, wat pas gehoor het haar matriekklas van 2009 het die hoogste gemiddeld gehad in Noord Wes.

Adette wat ook deelgeneem het in 2008 aan een van Global Challenge Expeditions se sendingreise om die wêreld en einde verlede jaar `n groep matrieks geneem het op `n matriekvakansie met `n verskil na Thailand, Kambodia en Hong Kong, is nou `n voltydse personeel lid van Global Leadership Academy. Sy skryf die goeie prestasie van haar matriekklas toe aan die harde werk van leerders en haar eie liefde vir die vak!

Adette het nou verhuis na Jeffreys Baai en sien uit om saam met Johann Baasden die CAT en IT departement by die skool te ontwikkel na een van die top departemente in Suid Afika.