GLA onder Top 20 Finaliste

GLA Matrikulant onder Top 20 Finaliste vir Oos-Kaap Matrikulant van die Jaar.
Charnè Ferreira het die besondere eer te beurt geval om deur te gaan na die top twintig finaliste in die Oos-Kaap Matrikulant van die Jaar-kompetisie.
Kandidate word ge-evalueer op veelsydigheid in areas van onder andere akademie, sport, kultuur en betrokkenheid in die gemeenskap. Charnè is ‘n uitblinker op al die gebiede. Sy is altyd onder die top drie vir akademie in haar graad. Sy het die O.P. proewe vir muurbal behaal en ook die finaal van die Tiener Toneelkompetisie. Sy het daarby ook die hoogste toekenning wat op provinsiale vlak toegeken word vir die ATKV Tiener Toneelkompetisie ontvang. In die ATKV redenaarskompetisie het sy tot die provinsiale rondte deurgedring.
Charnè is die hoofmeisie van Global Leadership Academy waar talle projekte onder haar bekwame leiding aangepak en deurgevoer is. Sy is by die gemeenskap betrokke en was al op uitreike na ‘n kinderhuis in Indië en ‘n gemeenskap in die Amazone. Sy is ook die leier van die huidige fondsinsamelingsprojek van die matrieks vir die bou van die nuwe skool. Sy is reeds aanvaar om volgende jaar Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer.
Die finale beoordeling vir die kompetisie vind eerskomende Saterdag plaas. Baie sterkte Charnè, ons hou vir jou duimvas!
Foto: Charnè Ferreira help Janine Dauth (Gr 8) met huiswerk

Charne_F_Web1Charnè Ferreira het die besondere eer te beurt geval om deur te gaan na die top twintig finaliste in die Oos-Kaap Matrikulant van die Jaar-kompetisie. 

Kandidate word ge-evalueer op veelsydigheid in areas van onder andere akademie, sport, kultuur en betrokkenheid in die gemeenskap. Charnè is ‘n uitblinker op al die gebiede. Sy is altyd onder die top drie vir akademie in haar graad. Sy het die O.P. proewe vir muurbal behaal en ook die finaal van die Tiener Toneelkompetisie. Sy het daarby ook die hoogste toekenning wat op provinsiale vlak toegeken word vir die ATKV Tiener Toneelkompetisie ontvang. In die ATKV redenaarskompetisie het sy tot die provinsiale rondte deurgedring. Charnè is die hoofmeisie van Global Leadership Academy waar talle projekte onder haar bekwame leiding aangepak en deurgevoer is. Sy is by die gemeenskap betrokke en was al op uitreike na ‘n kinderhuis in Indië en ‘n gemeenskap in die Amazone. Sy is ook die leier van die huidige fondsinsamelingsprojek van die matrieks vir die bou van die nuwe skool. Sy is reeds aanvaar om volgende jaar Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer. Die finale beoordeling vir die kompetisie vind eerskomende Saterdag plaas. Baie sterkte Charnè, ons hou vir jou duimvas!

 

Foto: Charnè Ferreira help Janine Dauth (Gr 8) met huiswerk

Charne_F_Web2

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.