Geskiedkundige wedstryd

Eerste KrieketwedstrydGlobal Leadership Academy elftal het 3 Maart hulle eerste krieketwedstryd gespeel teen Paul Sauer Hoërskool. Die wedstryd was vir baie van die GLA leerders hulle eerste ooit en is gespeel oor 20 beurte. GLA het eerste gekolf en 96 lopies aangeteken voordat almal uitgeboul is in die laaste boulbeurt. Paul Sauer het met selfvertroue gekolf en die wenlopies in 18 beurte aangeteken.

Die sportsmanskap en spangees onder die spelers was merkwaardig. Dankie aan al die Paul Sauer en GLA ondersteuners wat dei wedstry bygewoon het.