Besigheidstudie Klas besoek Spar

GLA Besoek Spar SmallDie graad 10 Besigheidstudie klas van GLA het Maandag 13 Mei `n plaaslike onderneming gaan besoek om te sien presies hoe die sakewêreld funksioneer. Die eienaar van Spar, mnr JP Venter, het die leerders deur die hele opset van Spar geneem sodat hulle die teorie van hul vak makliker kan integreer met die realiteit van besigheid. Die leerders het aan die einde kans gehad om hul vrae te vra, en dit terwyl hulle `n slush-puppie geniet het.

GLA wil graag dankie sê aan mr Venter vir sy tyd, die lekker bederf en die waardevolle inligting. Dit was baie insiggewend, en ons sien uit om die entrepreneurs van die toekoms te sien uitstyg!

Foto:
Van links na regs voorste ry: Mandy Liebenberg, Sinazo Nonzube, Khanyisa Dela, Angelique Mengu.
Middel ry: Lara van der Walt, Palesa Sethosa, Lucinda Kurat, Michelle Williams, Alta Honeybrook en Amber Blake.
Agter ry: Mnr Paul du Plessis, Mnr JP Venter, Mignon Venter, Eugene Steenkamp, Byron Meyer, Jamie Easton, Amy de Readt, Rhys Pegram , Carmen Vos en Brook Willis.

GLA Besoek Spar