TIENER-ZONE

tienerzone

Global Leadership Academy neem deel aan ‘n opwindende realiteits tv-reeks, Tiener-zone. Die reeks word verfilm gedurende die 3de kwartaal van 2013, vir die DSTV kanaal, Kruiskyk.

Daar is skole vanuit Suid-Afrika en Namibia geïdentifiseer op grond van kultuur en uniekheid.
Die program het ten doel om versteekte talent te ontdek en om vir die res van Suid-Afrika en Namibie te wys, wat alles aan die gebeur is met die jongklomp in ons land.
Besoek gerus www.tienerzonetv.com vir meer inligting en om na videogrepe te kyk van skole wat reeds verfilm is.

Daar word `n spesiale Skouspel gehou van GLA se talent op Dinsdagaand, 3 September om 18:00. Die filmspan van Tiener-Zone sal gedurende hierdie Skouspel `n opname maak en sodoende ons talent die geleentheid gee om op nasionale televisie te verskyn. Anthonie Bougas sal as gasheer optree en self ook `n paar items lewer.

Kaartjies word by die deure verkoop en is R20 vir skoliere en R40 vir volwassenes.

Kontak gerus die skool vir enige navrae: 042 293 3053

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.