Netbalspelers neem deel aan OP proewe

ProeweHierdie jaar het GLA 20 spelers gehad wat aan die eerste ronde streeksproewe deelgeneem het.  Uit hierdie groep is Lucinda Kurat (o/17), Nancy Mwedzi (o/16), Sabrina Oelofse (o/14) en Shuanè Williams(o/16) gekies om die Kougastreek by die Cacadu-proewe te Graaff-Reinet te verteenwoordig.  Uit hierdie groep is Lucinda Kurat gekies om Cacadu by die OP-proewe te Oos-London te verteenwoordig.  OP-proewe het Saterdag, 12 April te Oos-London plaasgevind en die kompetisie was sterk.  Lucinda het haar goed van haar taak gekwyt, maar nie hierdie jaar OP-span gehaal nie.  Ons sien uit na die netballiga wat  wat volgende week afskop.