Nuwe Skooljaar - Groot Verrassing

GLA Teachers enter on TruckVir Global Leadership Academy het die nuwe skooljaar op ‘n baie besondere manier afgeskop met onderwysers op ‘n trok, entoesiastiese ouers en leerders en die inwyding van die eerste balkhuis op die skool se Eko-kampus.

Woensdagoggend vroeg het leerders en ouers op die Eko-kampus bymekaargekom vir die opening van die nuwe skooljaar.  Later was hulle begroet met ‘n trok vol onderwysers wat al juigende en singende daar aangekom het, kompleet met harde hoedens op en konstruksie bibs aan.  Dit was ook simbolies van die harde werk wat alreeds op die skoolterrein plaasgevind het.

Mister Young Welcomes students

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Die storie van die GLA Eko-kampus het gevolg, asook die toekomsplanne ten opsigte van die terrein en skool.  Hierop was die eerste voltooide balkhuis ingewy deur Anthony Jacobs en Anna-Marie Franken.  Om die verrigtinge af te sluit was ouers en leerders op ‘n toer geneem om te sien hoe die bou van die skool al gevorder het.

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.