GLA Swemgala

swemGlobal Leadership Academy se galabyeenkoms op Vrydag, 5 Februarie het getoon dat niemand ooit soos 'n vis op droë grond is nie.  Behalwe vir die positiewe deelname van die leerders se kant af, het onderwysers en ouers ook hul staal gewys deur deel te neem.  ‘n Besondere oomblik was toe twee pa-en-seun pare teen mekaar geswem het.  Leerders het in hul kleurgroepe (rooi, geel en oranje) teen mekaar kompeteer en die geelspan het die keer koning gekraai.