Latest News

GLA Tennis wen teen Collegiate

tennisthumbOp 14 Februarie het Global Leadership Academy (GLA) se meisies-tennisspan teen Collegiate gespeel en die wedstryd loshande gewen.  Lizaan Kemp het haar enkelswedstryd 8-6 gewen en Margaret Muller het haar enkels 8-1gewen.  Dié twee het ook hulle dubbelswedstryd 8-1 gewen. Cara Smal en Shanaé Roux het beide hul dubbelswedstryde 8-2 gewen.

Die seunspan het op 16 Februarie teen Humansdorp Sekondêr gespeel en ook gewen.  Liam Richmond het sy enkelswedstryd 6-0, 6-0 gewen en Christopher du Plessis het ook gewen met ‘n telling van 6-0, 6-0. Bruce Zlokovich het sy wedstryd 2-6, 6-3, 1-6 verloor, maar danksy die een stel wat hy gewen het, het GLA se span gewen.

Project of

Global Challenge

NPO - 066 - 651

Approved Cause

Nation Builder

Visitors Online

We have 58 guests and no members online