GLA Atlete Presteer

athletics1Drie van Global Leadership Academy se leerders het onlangs uitstekend presteer toe hulle aan die Oostelike Provinsie Atletiekkampioenskappe deelgeneem het as deel van die Sarah Baartman-span.  Een van die leerders, Margaret Muller is ook is ook gekies om die OP-span in die 200m by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te verteenwoordig. Hier volg Margaret Muller, Lanroe Rens en Devon Harvey se uitslae.

Margaret Muller:
1ste in 200m dogters O/14 met 'n tyd van 26.38 sekondes
3de in die 100m dogters O/14 met 'n tyd van 13.13 sekondes

Devon Harvey:
4de in 110m Hekkies seuns O/17 (tyd nog onbekend)
 
Lanroe Rens:
4de in Diskus seuns O/15 met 'n afstand van 42.23 meter
5de in Gewigstoot seuns O/15met 'n afstand van 12.09 meter