GLA Leerders Presteer!

Top-Achievers

Vir die sesde agtereenvolgende jaar het Global Leadership Academy in Jeffreysbaai ‘n 100% matriekslaagsyfer behaal! Uit die 41 leerders het 8 leerders met ‘n gemiddelde A-simbool geslaag. Alle individuele vakke het ook ‘n 100% slaagsyfer en daar is 81 onderskeidings.

Twee leerders, Heather Diogo en Emelia van der Walt het in al sewe hulle vakke onderskeidings behaal. Drie leerders het 5 onderskeidings behaal en drie leerders het 4 onderskeidings verwerf. Heather, die dux-leerder het 100% behaal in Rekeningkunde, 99% in Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Lewensoriëntering, 95% in Lewenswetenskappe en Afrikaans Eerste Addisionele Taal, asook 90% in Engels Huistaal. Die ander leerders wat ‘n A-gemiddeld behaal het, was Joshua Botha, Dayna Collings, Hannah Goosen, Jemma Hurd, Isabella Schoeman en Qianhui Yu. 30 Leerders het vrystelling om graadkursusse te doen en die ander 11 het vrystelling om diplomakursusse te doen, behaal.  Ons is baie trots op die uitstaande prestasies van ons leerders, maar alle eer word gegee aan die Here sonder wie die prestasies nie moontlik sou wees nie!