Annet Deur Na Finale

Anette ZevenbergenGLA het hierdie jaar 4 leerders wat deelgeneem het aan die ATKV redenaarskompetisies. Op 14 Mei het Charnè Ferreira, Nicolene Maasdorp en Melissa Ferreira deelgeneem aan die eerste uitdunrondte vir Afrikaans Eerste Taal.  Melissa het deurgedring na die onvoorbereid van haar afdeling en almal het die geleentheid by Framesby geniet en goeie repliek ontvang.Anette Zevenbergen deur na Nasionale Finale

’n Week voor hierdie geleentheid, het Annet Zevenbergen deelgeneem aan die kompetisie te Ugie vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal.  Sy het puik gevaar in beide die voorbereid en onvoorbereide toesprake.  Wenners is nie daardie dag aangekondig nie en met groot afwagting het almal die webblad dopgehou vir die resultate.  Met groot gejuig het ons verlede week van die ATKV verneem dat Annet deurgedring het tot die finale rondte van die redenaarskompetisie wat Augustus by die ATKV-oord te Buffelspoort plaasvind.  Ons is baie trots op hierdie prestasie en wens haar alle voorspoed toe vir die finaal.