TROLLEY PRO

GLA Trolley Pro 2010Global Leadership Academy hou op Saterdag, 31 Julie 2010 die eerste “Great Trolley Pro” in Jeffreysbaai.
Die dag sal die vorm van `n karnaval aanneem en `n feestelike atmosfeer sal heers. Die kinders is so opgewonde en daar word reeds hard gewerk om alles in plek te kry vir hierdie dag van pret, opwinding en kapperjolle! As deel van die dag sal daar `n verskeidenheid kosstalletjies wees asook speletjies vir die vermaak van jonk en oud! Die ouens is al aan die oefen!!Die dag skop af met `n trollie optog vanaf Jeffreysbaai se hoofstrand om 9:00 en die hoof gebeurtenis van die dag, die “Trolley Pro” sal om 10:00 afskop! Die agt deelnemende trollies en hulle kuipe sal in die kleure van plaaslike besighede opgemaak word en die spanne moet dan in die verloop van twee 45minute wedrenne soveel moontlike rondtes voltooi.
Volgens die organiseerder Anna-Marie Franken was die reaksie oorweldigend van plaaslike besighede en sal almal maar moet wag tot op die dag om te sien wie die trollies opgeeis het!
Ons nooi u uit om te kom deel in die nuutste toevoeging tot Jeffreysbaai se jaarlikse kalender! Kom kyk wie is van hulle trollie af!!
Vir meer inligting, kontak gerus die skool: 042 293 3053, Saterdagoggend, 9:00 – 12:00, 31 Julie, Equinox Mall, parkeerterrein.