GLA is van sy Trollie af!

Here we go!!!Vir nog dae na die eerste GLA Trolley Pro word daar onder kinders en ouers vertel oor hoe vinnig hulle om daardie eerste draai gegaan het… Hoe hulle die of daai span verbygesteek het en hoe amper die wiele afgeval het… Ja, Maandagoggend het die wat deelgeneem het in die eerste GLA Trolley Pro, maar styf-styf die skool ingestap…

Trolley Pro - Global Leadership AcademySo ook die onderwysers en ouers wat deelgeneem het… maar een ding is seker… Dit was sports soos ons lanklaas gesien het!!

Nege spanne het die baan betree Saterdagoggend om te kyk watter span die meeste rondtes in die toegelate 30 minute kon voltooi… Daar was stampe en stote en met tye kon `n mens dalk jou misgis het dat jy by `n stampkarretjie wedren was… die opgewondenheid was oorweldigend! Een van die stalletjies langs die baan het waterballonne verkoop om die deelnemers mee te gooi, dit was so populêr dat in die eeerste 10 minute alle waterballonne uitverkoop was en moes hulle noodgedwonge nog gaan aankoop.

Wat die borge betref, het hulle werklik waarde vir hulle geld gekry en is daar in `n ongelooflike gees deelgeneem. Carl van Smhart Security en  Conny van Steers het onder andere ook ingespring om te help stoot… Aan die einde van die dag kon daar egter net een wenner wees en het Oom Pollie se BP span weggeloop met die roemryke prestasie dat sy span die meeste rondtes voltooi het in die toegelate tyd. Die Pick & Pay span van Jacques het die “Beste span op die dag” prys ontvang met `n trollie wat opgemaak is soos `n kruidenierssak! Die dag was `n groot sukses en het al ons verwagtinge oortref.

Global Leadership Academy se personeel en leerders wil graag al die borge en ouers bedank vir hulle ondersteuning en entoesiasme! Die borge was: Steers; Pick & Pay; Sandra van Seeff; Compu Camm Signs; Ubuntu Bricks; Spar; Tiger Wheel and Tyre; BP en Smhart Security.

En ja, in die gange van die skool hoor jy reeds hoe die leerders onder mekaar beplan en gesels oor wie volgende jaar die resies gaan wen!!

GLA-Trolley Pro

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.