GLA wen Nico Malan!

The winning moment!!GLA se meisie hokkie span maak geskiedenis!! Hulle het hulle eerste wedstryd teen Nico Malan Hoërskool 1-0 gewen. Die jongste speler in die span, Shiminay Koekemoer, het die wendoel aangeteken.
12 Augustus is ons span uitgenooi na ‘n vriendskaplike wedstryd teen Nico Malan se seniorDie eerste wedstryd tussen Global Leadership Academy en Nico Malan! beginnerspan. Dit was so lekker om teen hulle te  speel, nie net omdat ons gewen het nie, maar ook omdat ons met sulke ope arms en vriendelikheid ontvang is.

Dit was die meisies se eerste wedstryd en kon sien dat hulle, hulle alles gegee het en dit so geniet het. Die feit dat daar net 11 was, sonder ‘n reserwe en dat van hulle nog nooit hokkie gespeel het nie, het glad nie in hul pad gestaan nie en het so ook die gees en eenheid onder hulle versterk.
Glo hulle sien baie uit na die volgende wedstryd. Die meisies in aksie!

Die span is nog jonk, onervare  maar toon ongelooflike wil en determinasie.

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.