GLA uitreike 2010

Uitreike 2010Zimbabwe, Ethiopië, Australië, Swaziland, Zanzibar, Tanzanië, Zambië, Mosambiek, Botswana, Thailand en Hong Kong is van die lande wat gedurende die Junie vakansie deur onderwysers en leerders van Global Leadership Academy (GLA) besoek is.  

Die oorhoofse doel van die besoeke was om God se hande en voete in daardie lande te wees.  In Zimbabwe en Zanzibar is daar baie gepreek en kos is vir die kinders uitgedeel.  Die kerk is weer bemoedig om voort te gaan met God se werk.

  Lesotho is besoek waar daar fisiese werk gedoen is by ‘n kinderhuis, uitgereik is na die gemeenskap en tyd met die Lesotho Spankinders spandeer is.  Die groep wat Transkei toe is het hard gewerk waar hulle gehelp het om ‘n skool en ‘n koshuis oor te doen.  Daar is skool gegee in Thailand en Thaimense wat afgeslote in die berge bly, is besoek en ‘n aand is saam met hulle deurgebring – dit is wonderlik om te beleef hoe mense die bietjie wat hulle het vir jou sal gee, voordat hul hulself help.  
Dit is egter nie die einde van GLA se uitreike na ander lande nie, gedurende die September vakansie gaan twee van die personeellede ‘n semi-geslote land besoek waar hulle gaan ondersoek instel waarmee die Here daar besig is en waar Hy wil hê ons betrokke moet raak.  ‘n Groep leerders gaan ook saam met Global Challenge Expeditions na Norvalspont waar hulle gaan uitreik na die gemeenskap daar.
GLA steek egter nie net ‘n hand uit na ander lande nie, maar ook in hul eie gemeenskap.  Die hele skool is Donderdag, 2 September 2010 af na die ouetehuis, Jeffreysrus, waar hulle met hul vrolikheid en liefde die oumense bedien het deur vir elkeen blomme te vat.  ‘n Groep leerders saam met van die personeel reik ook op ‘n weeklikse basis uit na Itemba waar hulle help met kos uitdeel, hulpbronne maak, skoonmaak en met die kinders speel.

 

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.