GLA gaan weer bos

Karen Benade swaai op bobbejaan swaaiNa die voltooiing van 2010, vier Global Leadership Academy (GLA) vandeesmaand hul eerste verjaarsdag.  Soos in 2010, word die jaar afgeskop met ‘n kamp vir beide leerlinge en onderwysers by die Elandsrivier Kampterrein.

Nêrens sal mens ‘n meer terug-na-die-natuur-ervaring kry as by die Elandsrivier Kampterrein nie, waar die hoë bome en waterpoele self Rondom die Kampvuurook optree as leermeester.  Hierdie interaktiewe kamp bied aan leerlinge die geleentheid  om sterker vriendskapsbande met mekaar te smee sowel as om hul onderwysers beter te leer ken. 

Een van die einddoele van hierdie kamp was om nuwe leerlinge meer vertroud te maak met die tradisies en waardes van GLA en hulle is die geleentheid gebied om hul volwaardige plek as leerlinge van die skool in te neem.  Die kamp is gefasiliteer deur die personeel en studente van Global Challenge Expeditions en talle pret aktiwiteite is aangebied soos, ‘paintball’, hoë-tou-bane, vlugbal, ‘abseiling’ en niks kan vergelyk word met ‘n vinnige swem in die rivier se watergat nie.  Die skool se waardesisteem is op ‘n dieper vlak met die leerlinge  gedeel en daar is deurlopend diep Christelike inspraak gelewer in die lewens van die leerlinge.  

Volgens Mev. Marietjie McFarlane, uitvoerende skoolhoof, “was dit ongelooflik om te sien hoe kinders van verskillende agtergronde, verskillende skole, beide Afrikaans en Engels sprekend saam kon trek om ‘n werklike GLA te vorm.  Dit is vir ons belangrik om toe te sien dat die leerlinge avontuur kan beleef, kan pret hê en ook leer hoe om dieper te delf in God se Woord.  Verder was dit hartroerend om te sienDie graad 10 deur die spinnekoprak hoe die onderwysers en personeel van Global Challenge Expeditions so onselfsugtig bygedra het tot die vorming van die leerders by GLA tydens die kamp.

GLA se kalender vir die res van die kwartaal is propvol aktiwiteite soos ‘n waatlemoenfees, maskerbal, talle kampe en sportbyeenkomste.  As daar gekyk word na die standaard van onderrig, die stygende getal leerders aan díe skool en al die pret wat daarmee gepaard gaan, dan lyk 2011 en die toekoms daarna baie blink vir GLA.