Neem 'n stap in geloof saam met ons

GLAGlobal Leadership Academy het 7 hektaar grond naby die Fountains Mall gekry. Hierdie eiendom is vir die ontwikkeling van 'n skool met ons eie sportterreine, behuising en klaskamers vir 250 studente.

Vir die van u wat vermoed het dis net gerugte het ons 'n verrassing: dis alreeds besig om realiteit te word!

 Laat ons toe om u te neem op 'n reis wat wys waar ons vandaan kom, sodat ons vir u 'n helderder prentjie kan vorm oor waarheen ons op pad is:

Sommige van u was met ons van die heel begin af en sommige van u het net onlangs deel geword van die familie, maar op die een of ander wyse het almal van u al 'n pad van geloof saam met ons gestap. En as daar al ooit 'n tyd was vir ons om in geloof en hulpbronne te verenig dan is dit nou!

Ons kan met reg getuig dat die Here ons tot hier gebring het en die paadjie van die verlede lê gesaai met merkers wat getuig van sy guns oor ons lewens.

As ons terugkyk oor die laaste 6 jaar vandat Global Challenge Expeditions begin het is dit maklik om van hierdie merkers herken:

View The Plans!Waar ons vandaan kom:

2006- Anne-Marie Franken lei die eerste Global Challenge ekspedisie en 10 Suid-Afrikaners reis deur 25 lande in 11 maande.

2007- Die eerste werklike GCEX ekspedisie word uitgestuur met 24 spanlede.
 Die eerste 80 Dae reis word uitgestuur.

2008- Korttermyn ekspedisies word bygevoeg en meer as 70 studente neem deel.
 Meer as R500 000.00 word ingesamel om die meer as 80 huise wat afgebrand het in Red Hill naby Kaappunt te herbou.
 Eiendom in Tulip straat in Jeffreysbaai word vir ons beskikbaar gestel om te gebruik as kantore.

2009- Vir die eerste keer vertrek drie GCX jaar-spanne en Explore Africa vertrek op sy eerste reis.
 Die korttermyn ekspedisies afdeling groei en mobiliseer meer as 300 studente.
 God lei die leierskap van GCEX om 'n skool te begin wat 'n intensionele leierskap-program bevat om leiers van 'n jong ouderdom af te ontwikkel.

2010- Die skool- Global Leadership Academy- word geopen en meer as 95% van die personeel is oud Global Challenge deelnemers. 60 Studente skryf in vir die skool voor die openings-dag.
 Hidden World word bygevoeg tot die GCX jaar-span ekspedisies.
 R90 000.00 word binne 'n kwessie van 'n paar dae ingesamel vir die Niger Relief projek. Meer as 2000 families word met kos voorsien.
 Die Cross Border Conference word in Jeffreysbaai gehou en meer as 300 studente vertrek op uitreike.
 7 Hektaar grond word vir ons gee vir die ontwikkeling van a skool/ sending basis in Jeffreysbaai.

Request More Info!Tans:

2011- Global Leadership Academy groei met 80% en tans het ons 165 studente en 20 personeellede.
 44 studente neem deel aan die verskeie GCX jaar-span ekspedisies.

Die toekoms:

- God voorsien sodat ons moderne opleidingsfasiliteite met 'n internasionale groen waardering op die grond kan ontwikkel. Die skool word so ontwikkel dat dit 'n ewige indruk maak op studente, onderwysers en besoekers asook 'n landmerk word wat dui op innovasie en vooruitstrewende denke vir die komende generasies.

Ons glo God het ons gebring tot op hierdie kritiese tydperk in die storielyn van Global Challenge Expeditions. Dis 'n tydperk waarin daar ongelooflike potensiaal lê om vir Hom glorie te bring. Maar die risiko om te faal en verneder te wees is ook 'n realiteit. Met die wete dat hierdie taak meer geloof van ons vra as ooit van te vore het daar gedurende die laaste paar maande 'n nuwe passie onder die leierskap en familie ontwikkel om God se hart te soek rondom hierdie kwessie.

Terwyl u hierdie lees word ons in die gesig gestaar met die eerste kritiese som geld wat nodig is om die ontwikkeling aan die gang te sit: R5 miljoen.

Die totale koste van die ontwikkeling beloop meer as R60 miljoen.

Daar is al gereeld geprofeteer dat 'n nuwe tuiste vir Global Challenge Expeditions en Global Leadership Academy 'n internasionaal erkende plek gaan wees waar leiers van regoor die wêreld lering/ dissipelskap/ opleiding en opvoeding gaan ontvang.

Hierdie klink opwindend en mag dalk baie ambisieus voorkom maar ons glo regtig dat dit is waarvoor ons geroep is. 'n Groep argitekte en ingenieurs het alreeds baie van hulle tyd en kennis vrylik gegee en dus het ons alreeds die ontwikkelings plan vir die grond ingedien by die munisipaliteit. Ons is regtig ernstig hieroor.

Become an ActivistHoekom dit 'n goeie idee is om in ons te bestee:

- Genadiglik is God se guns by ons met hierdie projek. Dit is met die erkenning van hierdie feit dat ons, in nederigheid en afhanklikheid voor hom, weereens verklaar dat alleen deur Hom ons hierin sukses kan behaal.

Die Global Challenge Expeditions Trust is 'n gevestigde, niewinsgewende-organisasie, met die kern fokus om leiers te ontwikkel deur egte lewenservaring. Soos om armes te help en die gemeenskappe in Jeffreysbaai , Suid-Afrika en die wêreld te dien.

Deur te belê in Global Challenge Expeditions gee dit beleggers die geleentheid om 'n reeds effektiewe bediening, wat momentum en invloed het, verder te bemagtig.

Ons verlede wys dat ons goeie rentmeesters is van dit wat aan ons toevertrou word. En ons het die potensiaal om idees in werklikheid om te sit en daardeur mense en gemeenskappe rondom ons te beïnvloed. Ons direkteur/ stigter se maandelikse salaris is minder as R5000. Dit alleen getuig daarvan dat ons lewens toegewyd is aan die saak.

Die skool, Global Leadership Academy, is geregistreer met die departement van onderwys en ten volle funksioneel met 165 studente van Graad 8-11. Daar is alreeds 'n waglys vir 2012. Die skool sal dan teen sy volle kapasiteit van 250 studente funksioneer en Graad 8-12 hê. U belê dus in produk wat volhoubaar is en alreeds 'n impak het op die lewens van kinders.

Die argitek se planne en tekeninge is alreeds in 'n gevorderde stadium en ons beoog om met die eerste fase van die grond werk en die installasie van dienste te begin teen die middel van 2011.

Al die argitekte en ander deskundiges wat werk aan hierdie projek het hulle kennis en diens gratis of teen baie lae kwotasies vir ons gegee. Dit is 'n bemoedigende teken en dui daarop dat die projek die opoffering en belegging werd is vir die betrokkenes. Mense sien daarna uit om 'n impak te maak op die geskiedenis, 'n impak wat selfs hierdie generasie sal oorleef.

Ons vra u dus om te reageer op 'n manier wat werklik 'n bydrae sal wees tot die visie.

Kontak ons gerus vir meer informasie of besoek ons twee webtuistes:
www.gla-jbay.org of www.gcex.org
Tel: 042 293 3053

As u 'n finansiële bydrae wil maak tot hierdie projek maak asseblief gebruik van die onderstaande bankbesonderhede:

Donate NOW!GCEX BANKBESONDERHEDE:

Rekeningnommer:  9226881986
Rekeningnaam: Global Challenge
Bank:  ABSA
Tak besonderhede:  31 Da Gamma Road, Jeffreys Bay, 6330, South Africa
Tak kode:  334515
SWIFT kode:  ABSAZAJJ  (vir internasionale betalings)
Verwysing:  GLA ECO CAMPUS / BRICK


Groete,

Die GCEX en GLA leierskap

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.