Trollie Resies 2011

Self-na-die-resies-was-daar-nog-goeie-spangees-tussen-Sanda-van-Seeff-se-span-en-CaltexElke jaar gee Global Leadership Academy (GLA) vir besighede regoor die Kouga Distrik die geleentheid om ’n trollie te borg in die jaarlikse GLA Trollie Resies.  Hierdie resies, wat in sy tweede bestaansjaar is, het vanjaar op Saterdag 27 Augustus plaasgevind by die Fountains Mall in ’n poging om fondse in te samel vir die nuwe GLA Eko-kampus wat een van die dae gebou gaan word in die Savuti Wildlife Estate.

 

Studente, onderwysers en die personeel van Global Challenge Expeditions het almal hul kragte saamgespan om die trollies gereed te kry vir die groot resies. Pryse was gegee vir die mooiste trollie, die beste spangees en dan natuurlik vir die vinnigste trollie. In die finale ronde het die trollie van Campworld (Jeffreysbaai) stof in almal se oë geskop en weggestap met die eerste plek. Spar (Jeffreysbaai) het tweede geëindig en Pick n Pay (Fountains Mall) het met die derde plek weggestap. GLA wil graag hul 12 borge asook Fountains Mall bedank vir die uiters suksesvolle dag. Die 12 borge, sonder wie die dag nie moontlik sou gewees het nie, sluit in: Steers, Seeff, Woodland’s Dairy, Compu-Camm Signs, BP, Campworld, Smhart Security, Saverite, Pick n Pay, Ubuntu Bricks, Spar en Caltex.

Trollie Resies