Eerste tree na 'n groen toekoms

 

PicknPayLogoJacques van Wyk, die eienaar van Pick n Pay (Jeffreysbaai) het aan Global Leadership Academy – Jeffreysbaai se eie hoërskool - drie herwinningsdromme geskenk.  “Vir ons is dit belangrik om reeds nou al by studente `n leefstyl van respek en omgee vir die omgewing te kweek”, het Mev McFarlane gesê.

Pick n PayGlobal Leadership Academy se planne met die ontwikkeling van die 7.5 hektaar wat deur Buchner Propvest aan hulle in 2010 geskenk is, is reeds goed op dreef.  Volgens Stefan Kleyn is die optrek van planne so te sê voltooi, en sal die beplande nuwe skool toonaangewend wees in die areas van: energie verbruik, volhoubare en groen ontwerp, en minimum impak op die omgewing.  Dit is met die toekoms in gedagte dat daar nou reeds aan leerders die waardes van omgewingsbewaring geleer word.

GLA nooi die publiek uit om besoek af te lê by die skool.  Dit sal u die geleentheid bied om die planne te besigtig, en ook om afval plastiek, papier en glas in die dromme te kom gooi.

 Baie dankie aan Jacques van Wyk wat die wiel aan die rol gesit het met hierdie inisiatief deur Pick n Pay (Jeffreysbaai).

  • Created on .

Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.

Nelson Mandela

Invest in us. It might be the most lucrative return on investment, you will ever see.

    A GCEX Trust Initiative  | We do things differently.We do things differently.