Laat die water spat!

CarodeJagerGlobal Leadership Academy se jaarlikse swemgala is op 8 Februarie 2012 gehou.  Die water het behoorlik gespat toe die swemmers wys wat hul in die water kan doen.  Die gala eindig op ‘n hoogtepunt waar die onderwysers die leerders aanvat in die aflosse.  

WSeunsCaro de Jager en Jesse Viljoen is onderskeidelik aangewys as die Victrix en Victor Ludorum van die dag. 

Die volgende ses swemmers gaan GLA in Port-Elizabeth verteenwoordig by die B-Age group Gala wat op 18 Februarie plaasvind:  Laura Jorgensen, Melissa Vermaas, Lindie-Renee Agenbag,  Jesse Viljoen, Dean Ras en Benjamin Janse van Rensburg.