Skip to main content
*Best Performing Independent High School in the Eastern Cape
Maak Dissipels Vorm Leiers

Maak Dissipels Vorm Leiers

Weet jy? Ons word gedryf deur ‘n passie om ‘n kwaliteitsonderwys te bied wat nie net leerders met kennis toerus nie, maar ook hulle harte aansteek om diensleiers te word.

Onderwysfilosofie

By Global Leadership Academy is ons onderwysfilosofie gegrond in die onveranderlike waarheid van die Bybel. Ons glo dat alle wysheid, kennis, en begrip afkomstig is van God se Woord, en ons integreer hierdie ewige beginsels in elke aspek van ons onderrig.

Ons streef daarna om die hele kind te ontwikkel, met die geloof dat elke student met unieke waarde en potensiaal geskep is. Ons doel is om leerders te lei in die ontdekking van hul God-gegewe doel, en hulle toerus om daardie doel te vervul deur die ontwikkeling van karakter, kennis, en vaardighede.

Ons benadering beklemtoon ‘n Bybelse wêreldbeskouing, waar die waarheid van die Skrif ons onderig beïnvloed. Ons glo in die belangrikheid van dissipline, rentmeesterschap, en ‘n sterk vennootskap met gesinne, wat ‘n leeromgewing bou op liefde, integriteit, en diens.

Ons opvoeders dien as rolmodelle, wat Christelike waardes uitleef wat studente inspireer om in wysheid en volwassenheid te groei. By die kern van ons missie is die begeerte om lewenslange leerders te kweek wat God eer en positiewe impak op hulle gemeenskappe het.

VISIE

Global Leadership Academy streef na `n wêreld waar egte Christen leiers die samelewing beïnvloed.

MISSIE

Ons modeleer leierskap aan leerders deur hulle op plaaslike en internasionale uitreike te neem.

Ons definieer kwaliteit onderwys as onderig wat leerders inspireer om die samelewing te beïnvloed.

Ons help leerders om hulle God-gegewe potensiaal te ontdek en moedig hulle aan om op God se roeping op hulle lewens te reageer.

Ons dien die Departement van Onderwys deur die modellering van beste praktyke.

Geskiedenis
& Hoogtepunte

Tans

Vestig `n Tegniese Stroom

Uitbreiding in vakkeuses sluit in Siviele- 
Elektriese Tegnologie vanaf 2025

2023

Beste Presterende Hoërskool

Hoogste Bachelor Slaagsyfer
Oosk Kaap

2023

Top Presteerder – Onafhanklike Skole

Louw-Rean Fourie
Beste Presterende Graad 12 Leerling

2022

Dekade van 100% Matriek Slaagsyfer

Ons Vier
‘n Dekade van 100% NSS Resultate

2021

Top Presteerder – Onafhanklike Skole

Zoey Adlam
Beste Presterende Graad 12 Leerling

2018

Beste Presterende Hoërskool

Hoogste Bachelor Slagingsyfer
Sarah Baartman Distrik

2018

Top Presteerder

Heather Diogo
Beste Presterende Graad 12 Leerling

2016

Nuwe Kampus

1 September 2016
Skool Trek na Nuwe Geboue

2012

100% vir Eerste Matriekklas

Die Pionier Groep
Suksesvol in die Bereiking van ‘n 100% Slagingsyfer

2010

Skool Open in ‘n Winkelsentrum

61 Leerlinge
Neem ‘n Geloofstap Met Ons

Wil Jy Graag Meer Weet?
Kontak Ons
Are You Interested in Knowing More?
Write Us

Ons Adres

Outeniquastraat,
Jeffreysbaai,
Suid Afrika